Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
8 verses
1Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders.
2(12:3) Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.
3(12:4) Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,
4(12:5) hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?
5(12:6) Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.
6(12:7) Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.
7(12:8) U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig.
8(12:9) Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders.