Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
8 verses
1O HERE, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.
2(3:3) Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.
3(3:4) Maar U, HERE, is ‘n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.
4(3:5) Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.
5(3:6) Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my.
6(3:7) Ek sal nie vrees vir tien duisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.
7(3:8) Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.
8(3:9) Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela.