Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
12 verses
1In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie.
2(36:3) Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld.
3(36:4) Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen.
4(36:5) Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op ‘n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.
5(36:6) o HERE, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.
6(36:7) U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is ‘n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere!
7(36:8) Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels.
8(36:9) Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge.
9(36:10) Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.
10(36:11) Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van hart.
11(36:12) Laat die voet van die trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie verdryf nie.
12(36:13) Daar het die werkers van ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie.