Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
12 verses
1O HERE, luister na my woorde, let op my versugting.
2(5:3) Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.
3(5:4) In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.
4(5:5) Want U is nie ‘n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie.
5(5:6) Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.
6(5:7) U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE ‘n afsku.
7(5:8) Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.
8(5:9) HERE, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.
9(5:10) Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is ‘n oop graf; hulle maak hul tong glad.
10(5:11) Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U.
11(5:12) Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet.
12(5:13) Want U seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met ‘n skild.