Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
7 verses
1Toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie? (54:3) o God, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag!
2(54:4) o God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!
3(54:5) Want vreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela.
4(54:6) Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.
5(54:7) Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle in u trou!
6(54:8) Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, o HERE, loof, want dié is goed;
7(54:9) want dié het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalle op my vyande neergesien.