Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
17 verses
1Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my teëstanders!
2(59:3) Red my van die werkers van ongeregtigheid, en verlos my van die manne van bloed!
3(59:4) Want kyk, hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, sonder oortreding en sonder sonde van my kant, o HERE!
4(59:5) Buiten my skuld hardloop hulle en maak hulle klaar. Ontwaak, my tegemoet, en kyk!
5(59:6) Ja U, HERE, God van die leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die heidene besoeking te doen; wees al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! Sela.
6(59:7) Elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.
7(59:8) Kyk, hulle smaal met hul mond; swaarde is op hulle lippe, want—wie sou dit hoor?
8(59:9) Maar U, o HERE, lag oor hulle; U spot met al die heidene.
9(59:10) My Sterkte, op U wil ek wag, want God is my rotsvesting.
10(59:11) My genadige God sal my tegemoetkom; God sal my op my vyande laat neersien.
11(59:12) Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild!
12(59:13) Sonde van hulle mond is die woord van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle vertel.
13(59:14) Vernietig hulle in grimmigheid, vernietig hulle, sodat hulle daar nie meer is nie; en laat hulle weet dat God heers in Jakob, tot by die eindes van die aarde! Sela.
14(59:15) En elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.
15(59:16) Húlle swerwe rond om voedsel te soek; as hulle nie versadig word nie, vertoef hulle die hele nag.
16(59:17) Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was ‘n rotsvesting vir my en ‘n toevlug in die dag toe ek benoud was.
17(59:18) My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God.