Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
19 verses
1O Herder van Israel, hoor tog; U wat Josef soos skape lei, wat bo-oor die gérubs troon, verskyn in ligglans!
2(80:3) Wek u mag op voor Efraim en Benjamin en Manasse, en kom ons te hulp!
3(80:4) o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
4(80:5) o HERE, God van die leërskare, hoe lank nog rook u toorn by die gebed van u volk?
5(80:6) U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.
6(80:7) U het ons ‘n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure, en ons vyande drywe die spot.
7(80:8) o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
8(80:9) ‘n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en hom geplant.
9(80:10) U het voor hom plek gemaak, en hy het wortels geskiet en die land vervul.
10(80:11) Die berge was oordek met sy skaduwee, en met sy ranke die seders van God.
11(80:12) Hy het sy ranke uitgebrei tot by die see en sy lote na die Rivier toe.
12(80:13) Waarom het U sy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk?
13(80:14) Die wildevark uit die bos eet hom op, en wat roer op die veld, wei hom af.
14(80:15) o God van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok;
15(80:16) en wees ‘n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het.
16(80:17) Hy is met vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om.
17(80:18) Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.
18(80:19) Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep.
19(80:20) o HERE, God van die leërskare, herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!