Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
7 verses
1Sy grondvesting is op heilige berge.
2Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.
3Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela.
4Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus—hierdie een is daar gebore.
5En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.
6Die HERE sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.
7En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!