Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
9 verses
1Mag die HERE u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm!
2(20:3) Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion!
3(20:4) Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela.
4(20:5) Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul!
5(20:6) Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul!
6(20:7) Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.
7(20:8) Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die HERE onse God.
8(20:9) Húlle het inmekaargesak en geval, maar óns het opgestaan en ons weer opgerig.
9(20:10) HERE, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep!