Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
13 verses
1O HERE, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!
2(21:3) U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela.
3(21:4) Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U ‘n kroon van fyn goud.
4(21:5) Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd.
5(21:6) Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.
6(21:7) Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig.
7(21:8) Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.
8(21:9) U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.
9(21:10) U sal hulle maak soos ‘n vurige oond as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.
10(21:11) U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.
11(21:12) Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het ‘n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.
12(21:13) Want U sal hulle dwing om te vlug; met u boogsnare sal u mik op hulle gesig.
13(21:14) Verhef U, HERE, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang!