Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
26 verses
1O God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: ‘n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd.
2(44:3) U self het met u hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit.
3(44:4) Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U ‘n welbehae in hulle gehad het.
4(44:5) U self is my Koning, o God! Gebied die oorwinninge van Jakob.
5(44:6) Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan.
6(44:7) Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie;
7(44:8) maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.
8(44:9) In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela.
9(44:10) En tog het U ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie.
10(44:11) U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus.
11(44:12) U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi.
12(44:13) U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie.
13(44:14) U maak ons ‘n smaad vir ons bure, ‘n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.
14(44:15) U maak ons ‘n spreekwoord onder die nasies, ‘n hoofskudding onder die volke.
15(44:16) My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;
16(44:17) weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.
17(44:18) Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie.
18(44:19) Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u pad nie afgebuig nie,
19(44:20) alhoewel U ons verbrysel het in ‘n plek van jakkalse en ons met ‘n doodskaduwee oordek.
20(44:21) As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na ‘n vreemde god—
21(44:22) sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.
22(44:23) Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.
23(44:24) Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie!
24(44:25) Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?
25(44:26) Want ons siel is in die stof neergebuig; ons buik kleef aan die aarde.
26(44:27) Staan op tot ons hulp en verlos ons om u goedertierenheid ontwil!