Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
20 verses
1Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,
2(49:3) geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!
3(49:4) My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.
4(49:5) Ek sal my oor neig tot ‘n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.
5(49:6) Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring—
6(49:7) die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?
7(49:8) Niemand kan ooit ‘n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie
8(49:9) (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend),
9(49:10) dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.
10(49:11) Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.
11(49:12) Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.
12(49:13) Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.
13(49:14) Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde ‘n behae het. Sela.
14(49:15) Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.
15(49:16) Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.
16(49:17) Wees nie bevrees as ‘n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;
17(49:18) want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.
18(49:19) Al ag hy homself gelukkig in sy lewe—en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen—
19(49:20) tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie.
20(49:21) Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.