Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
14 verses
1Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!
2(48:3) Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!
3(48:4) God het Hom in sy paleise bekend gemaak as ‘n rotsvesting.
4(48:5) Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.
5(48:6) Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.
6(48:7) Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.
7(48:8) Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.
8(48:9) Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.
9(48:10) o God, ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel.
10(48:11) Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid.
11(48:12) Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig oor u oordele.
12(48:13) Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings;
13(48:14) let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel,
14(48:15) dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hy sal ons lei tot die dood toe.