Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
9 verses
1Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met ‘n stem van gejubel!
2(47:3) Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, ‘n groot Koning oor die hele aarde.
3(47:4) Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.
4(47:5) Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.
5(47:6) God vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank.
6(47:7) Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!
7(47:8) Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met ‘n onderwysing.
8(47:9) God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon.
9(47:10) Die edeles van die volke het vergader—’n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!