Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
11 verses
1God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.
2(46:3) Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.
3(46:4) Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela.
4(46:5) Die stroompies van ‘n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.
5(46:6) God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.
6(46:7) Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.
7(46:8) Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ‘n rotsvesting vir ons. Sela.
8(46:9) Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,
9(46:10) wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.
10(46:11) Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.
11(46:12) Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ‘n rotsvesting vir ons. Sela.