Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
19 verses
1Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.
2(51:4) Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.
3(51:5) Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.
4(51:6) Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
5(51:7) Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
6(51:8) Kyk, U het ‘n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.
7(51:9) Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.
8(51:10) Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het.
9(51:11) Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.
10(51:12) Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.
11(51:13) Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.
12(51:14) Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ‘n gewillige gees.
13(51:15) Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.
14(51:16) Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.
15(51:17) Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.
16(51:18) Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.
17(51:19) Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!
18(51:20) Doen goed aan Sion na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op.
19(51:21) Dan sal U ‘n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar.