Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
9 verses
1Die goedertierenheid van God duur die hele dag!
2(52:4) Jou tong beraam onheil, soos ‘n geslypte skeermes, o werker van bedrog!
3(52:5) Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela.
4(52:6) Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!
5(52:7) So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela.
6(52:8) En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê:
7(52:9) Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid!
8(52:10) Maar ek sal wees soos ‘n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd.
9(52:11) Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want dié is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote.