Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
13 verses
1Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.
2(56:3) My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.
3(56:4) Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.
4(56:5) Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?
5(56:6) Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.
6(56:7) Hulle val aan, lê en loer—hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het.
7(56:8) Ondanks hul ongeregtigheid—sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!
8(56:9) U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?
9(56:10) Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.
10(56:11) Deur God sal ek die woord prys; deur die HERE sal ek die woord prys.
11(56:12) Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan ‘n mens my doen?
12(56:13) Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal;
13(56:14) want U het my siel gered van die dood—ja, my voete van struikeling—om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe.