Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
11 verses
1Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U het my siel geskuil, en in die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het.
2(57:3) Ek roep God, die Allerhoogste, aan, God wat dit vir my voleindig.
3(57:4) Hy sal uit die hemel stuur en my verlos terwyl hy wat my vertrap, my smaadheid aandoen. Sela. God sal sy goedertierenheid en sy trou stuur.
4(57:5) Ék moet onder leeus lê, wraakgieriges, mensekinders wie se tande spiese en pyle is, en wie se tong ‘n skerp swaard is.
5(57:6) Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!
6(57:7) Hulle het ‘n net gespan vir my voetstappe, hulle het my siel neergebuig; hulle het ‘n kuil voor my gegrawe, hulle val daar binne-in. Sela.
7(57:8) My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing.
8(57:9) Waak op, my eer! Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak!
9(57:10) Ek wil U loof onder die volke, o Here, psalmsing tot u eer onder die nasies.
10(57:11) Want u goedertierenheid is groot tot by die hemele en u trou tot by die wolke.
11(57:12) Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!