Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
8 verses
1O God, hoor my smeking, luister na my gebed!
2(61:3) Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op ‘n rots wat vir my te hoog is.
3(61:4) Want U het ‘n toevlug vir my geword, ‘n sterk toring teen die vyand.
4(61:5) Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela.
5(61:6) Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees.
6(61:7) Mag U dae by die koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van geslag tot geslag.
7(61:8) Mag hy vir ewig voor die aangesig van God op die troon sit; beskik goedertierenheid en trou, dat dié hom bewaar.
8(61:9) Só wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om my geloftes te betaal, dag ná dag.