Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
12 verses
1Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.
2(62:3) Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.
3(62:4) Hoe lank sal julle aanstorm op ‘n man, julle almal hom verbrysel soos ‘n muur wat oorhang, ‘n omgestote klipmuur?
4(62:5) Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.
5(62:6) Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!
6(62:7) Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.
7(62:8) By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.
8(62:9) Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is ‘n toevlug vir ons. Sela.
9(62:10) Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.
10(62:11) Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie!
11(62:12) Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort,
12(62:13) en aan U, o Here, behoort die goedertierenheid; want U vergeld elkeen na sy werk.