Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
11 verses
1O God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water.
2(63:3) Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.
3(63:4) Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.
4(63:5) Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.
5(63:6) Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe
6(63:7) as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.
7(63:8) Want U was ‘n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.
8(63:9) My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.
9(63:10) Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.
10(63:11) Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word.
11(63:12) Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word.