Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
17 verses
1HERE, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my;
2(7:3) sodat hy nie soos ‘n leeu my verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie.
3(7:4) HERE, my God, as ek dit gedoen het, as daar onreg in my hande is,
4(7:5) as ek hóm kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het (ja, ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was),
5(7:6) mag die vyand my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela.
6(7:7) Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het!
7(7:8) En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte!
8(7:9) Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.
9(7:10) Laat tog die boosheid van die goddelose mense ‘n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!
10(7:11) My skild is by God wat die opregtes van hart verlos.
11(7:12) God is ‘n regverdige regter, en ‘n God wat elke dag toornig is.
12(7:13) As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee
13(7:14) en berei vir hom dodelike werktuie; Hy maak sy pyle brandende wapens.
14(7:15) Kyk, hy is in barensweë van onreg en is swanger van moeite; hy baar leuens.
15(7:16) Hy het ‘n kuil gegrawe en dit uitgehol; maar hy het geval in die vangkuil wat hy gemaak het.
16(7:17) Die onheil wat hy gestig het, keer op sy hoof terug, en sy geweld kom op sy skedel neer.
17(7:18) Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing.