Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
9 verses
1O HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.
2(8:3) Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.
3(8:4) As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het—
4(8:5) wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
5(8:6) U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
6(8:7) U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
7(8:8) skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,
8(8:9) die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.
9(8:10) o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!