Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
10 verses
1Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders.
2(75:3) As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel Ék regverdig.
3(75:4) Al wankel die aarde en al sy bewoners—Ék het sy pilare vasgestel. Sela.
4(75:5) Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!
5(75:6) Verhef julle horing nie daarbo en spreek nie met trots uitgerekte nek nie.
6(75:7) Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie….
7(75:8) maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.
8(75:9) Want in die hand van die HERE is ‘n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.
9(75:10) Maar ék sal vir ewig verkondig—ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob.
10(75:11) En ek sal al die horings van die goddelose mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word.