Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
12 verses
1God is bekend in Juda, sy Naam is groot in Israel.
2(76:3) Ook het in Salem sy tent verrys en in Sion sy woning.
3(76:4) Daar het Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog. Sela.
4(76:5) Glansryk is U, heerlik van die roofberge af!
5(76:6) Geplunder is die sterkes van hart; hulle het hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie.
6(76:7) Deur u dreiging, o God van Jakob, het strydwa en perd saam bedwelmd geraak.
7(76:8) U, vreeslik is U, en wie kan voor u aangesig bestaan as u toorn uitgebreek het?
8(76:9) Uit die hemel het U ‘n oordeel laat hoor; die aarde het gevrees en stil geword,
9(76:10) toe God opgestaan het vir die gerig, om al die ootmoediges van die land te verlos. Sela.
10(76:11) Want die grimmigheid van die mens moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself.
11(76:12) Doen geloftes en betaal dié aan die HERE julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die Vreeslike,
12(76:13) wat die trots van die vorste wegsny, vreeslik is vir die konings van die aarde.