Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
20 verses
1My stem is tot God en ek roep; my stem is tot God, dat Hy na my kan luister.
2(77:3) Op die dag van my benoudheid soek ek die HERE; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word; my siel weier om getroos te word.
3(77:4) As ek aan God dink, moet ek steun; peins ek, dan versmag my gees. Sela.
4(77:5) U hou my ooglede oop; ek is onrustig en kan nie spreek nie.
5(77:6) Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare.
6(77:7) Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met my hart, en my gees deurvors:
7(77:8) Sal die Here vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie?
8(77:9) Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag?
9(77:10) Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela.
10(77:11) Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!
11(77:12) Ek dink aan die dade van die HERE; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd
12(77:13) en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade.
13(77:14) o God, u weg is in heiligheid. Wie is ‘n groot God soos God?
14(77:15) U is die God wat wonders doen; U het u sterkte onder die volke bekend gemaak.
15(77:16) U het u volk met ‘n sterk arm verlos, die kinders van Jakob en van Josef. Sela.
16(77:17) Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder.
17(77:18) Die wolke het water uitgegiet, die hemele het donder laat hoor, ook het u pyle rondgevlieg.
18(77:19) U rollende donder het weerklink; bliksems het die wêreld verlig; die aarde het gesidder en gebewe.
19(77:20) U weg was in die see en u paaie in groot waters, en u spore was nie te beken nie.
20(77:21) U het u volk soos skape gelei deur die hand van Moses en Aäron.