Loading Bible Translation
First-time download in progress. This may take a few seconds…
Afrikaans Holy Bible Wordproject Bible
13 verses
1U het, o HERE, ‘n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander.
2(85:3) U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela.
3(85:4) U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toorn afgewend.
4(85:5) Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons!
5(85:6) Sal U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur van geslag tot geslag?
6(85:7) Sal U ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie?
7(85:8) Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons u heil!
8(85:9) Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie!
9(85:10) Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon.
10(85:11) Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar.
11(85:12) Trou spruit uit die aarde en geregtigheid kyk uit die hemel neer.
12(85:13) Ook gee die HERE die goeie, en ons land lewer sy opbrings.
13(85:14) Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe.